Sale!

Laat Vrugte (Sagteband, 219 pg) C.M. van den Heever

Neem asseblief kennis dat hierdie uitgawe is kleiner as die meer moderne boekgrootte van nou en die grootte van die druk is ook kleiner.

C.M. van den Heever se Laat vrugte word as die beste klassieke plaasroman in Afrikaans beskou, ‘n aangrypende verhaal van botsing tussen vader en seun.  Die Hertzogprys is twee maal aan CM van den Heever toegeken: vir sy digbundel Die nuwe boord in 1928 en vir sy roman Laat vrugte in 1942.  Lees meer hieronder.

C.M. van den Heever

R145.00

1 in stock

Description

AGV het in Taalgenoot van Mei 1940 geskryf dat Laat vrugte beslis Van den Heever se beste roman is. Hierin beskryf hy dít waarvan hy meester is, naamlik die lewe van die boer op die platteland met sy voorspoed, maar ook sy terugslae en dit waarteen hy voortdurend stry. En al die karakters is gedurig in stryd met dinge wat hulle van buite, sowel as van binne, opdraand gee. Die verhaal van Sybrand is ’n sterk en diep menslike verhaal en vir AGV is Laat vrugte ’n “boek wat jou hart beklem, verwring, pynig en dan met ’n verligtende sug laat besef dat die mens nie verniet lewe nie. As daar een Afrikaanse boek is wat internasionaal van gehalte is, dan is dit Laat vrugte, Van den Heever se grootste werk.”