Description
Ofskoon temas van veroudering sedert Joubert se veel bekroonde bundel, grondwater (2019) al hoe meer na vore dring, kom daar met dié nuwe versameling ook heelwat ánder kwessies ter sprake.
Gedigte oor die vrou as argetipiese aardsmoeder, naas aangrypende persoonlike verse oor die vrou as huweliksmaat, moeder en ouma te midde van ‘n bedreigende sosio-politieke realiteit, word hier gevind.
Buiten die verse oor veroudering, uiteraard, is ‘n verdere hoogtepunt die aantal gedigte oor die digkuns self deur ‘n digter wat haar tans in die volle krag van haar vakmanskap bevind.