Description
Mooier as die blomme is deel van die Frans Lindenhof-speurreeks en dis ‘n verhaal met baie spanning en onverwagte wendinge en ook heelwat afwisseling wat daarvoor sorg dat dit end-uit genietbaar bly. Namakwaland se kleurkaleidoskoop lok elke jaar duisende besoekers van oraloor. Daar is egter iets nog mooier en waardevoller as veldblomme wat in die Namakwaland verskuil is, besef Joachim Verbeek wanneer ‘n skilderekspedisie plotseling in ‘n nagmerrie ontaard. Wanneer Verbeek se paadjie onwetend met die van uitgeslape diamantdiewe kruis, verander dit wat as ‘n rustige wegbreek beplan is in ‘n jaagtog vol blink klippies, verleidelike vroue en lewensgevaar. Niks ontglip egter die onverskrokke speurder-sersant Frans Lindenhof se waaksame oe en fyn ore nie, en hy onderneem om die misdadigers vas te keer.