‘n Goeie dag vir Boomklim (Paperback, 126 pg, herdruk, 11+) Jaco Jacobs

Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Maar toe ’n meisie genaamd Leila hom een oggend vra om ’n petisie teken, is dit die begin van ’n onverwagse avontuur. Marnus beland saam met Leila bo in ’n boom in ’n desperate poging om te keer dat dit afgekap word. En uiteindelik kry Marnus ’n kans om raakgesien te word Gr 6-7 HT / Gr 8-9 EAT. Sien hieronder vir meer …

Jaco Jacobs

R210.00

Available on back-order

SKU: 9780799373967 Categories: , , ,

Description

Partykeer doen ’n mens in ’n oogwink iets wat jou hele lewe verander. Soos om agter ’n vreemde meisiekind aan in ’n boom te klim … Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Sy ouer broer breek swemrekords en meisies se harte. Sy kleinboetie is op nege reeds ’n uitgeslape entrepreneur met briljante geldmaakplanne. En Marnus-die-middelmannetjie voel partykeer asof hy onsigbaar is. Maar toe ’n meisie genaamd Leila een oggend aan Marnus-hulle se deur kom klop en vra hy moet ’n petisie teken, is dit die begin van ’n onverwagse avontuur. Marnus beland saam met Leila bo in ’n boom in ’n desperate poging om te keer dat dit afgekap word. In die proses ontmoet hulle ’n kleurryke versameling karakters. En uiteindelik kry Marnus ’n kans om raakgesien te word ’n Humoristiese, aangrypende grootwordverhaal vol onvergeetlike karakters. Gr 6-7 HT / Gr 8-9 EAT