Sale!

NV Augustus: Ek Kom Terug (Afrikaans, Paperback, 256 pg) Adriaan Van Dis, vertaler Adriaan Hugo

Ons sweer saam: Ek gaan haar ’n papierlewe gee, of nog beter: ’n nuwe lewe. ’n Lewe waarin sy weer maklik kan loop, haar lippe rooi maak, wye rokke dra of haar vuurbestande baadjiepakke. Ek wil ’n dansende moeder uitbeeld, ’n vegtende moeder. Die sterk vrou van my jeug.

“Ek kry ’n lewe by,” – sy grom tevrede – “maar ek wil wel iets in ruil hê.”

“Ek sal al jou inkopies doen, die kombuisvloer mop …”

“Pille. Jy kry ’n storie, ek ’n pil.”

Ná ’n lang lewe van swye en uitsluiting begin ’n moeder skielik met haar seun praat – aarselende ontboesemings oor grensoorskrydende liefde, verraad en drie oorloë. Hy, ’n romanskrywer, mag haar biograaf word, maar daar is ’n voorwaarde: Hy moet haar ’n sagte dood besorg.

Ek kom terug is ’n tragikomedie oor die onstuimige lewe van ’n vrou wat terugkyk op haar eeu.

Adriaan Van Dis, vertaler Adriaan Hugo

R185.00

1 in stock

Description