Sale!

NV November: Plaas se prys (Sagteband, 300 pg) Willemien du Preez

Die verteller en haar man, Liefie, besluit om digby aftrede hulle lewe in die stad agter te laat en ’n plaas naby Greyton te koop. Hulle word verlei deur die blou berge en plattelandse idille. Wanneer hulle eers daar woon, word hulle egter ontnugter deur die werklikheid van die plaaslewe. Daar is ’n prys te betaal vir die mooi prentjies waarna gehunker word. Gif wat blom, plant, vrug en dier perfek vir die mark laat gedy sodat die landskap sag op die oog val, terwyl die versweë giwwe in die samelewing ook uitgespit word. Die alewige wind en vragmotors wat stof na die huis toe laat waai, teister hulle en stof word amper ’n soort hoofkarakter in die verhaal. Liefie sukkel om die boerdery winsgewend te maak, terwyl die verteller tevergeefs met die bouers stoei om die plaashuis in haar droomhuis te omskep (en tevergeefs skoonmaak aan die stof!).

Die skrywer het ’n uitstekende waarnemingsvermoë en die beskrywing van die swaarkry en gesukkel op die plaas  word verweef  met ’n fyn sin vir humor. Die leser word ingetrek in die wêreld van die verteller, Liefie en hulle hond, Saar – asook hulle bure en die plaaswerkers.

OOR DIE OUTEUR
Willemien du Preez is in wese ’n Kapenaar. Haar vormingsjare is in Vishoek (haar pa was in die vloot) en daarna het sy heen en weer tussen Gauteng en die Kaapprovinsie getrek. Haar drie kinders het sy op ’n vroeë ouderdom en sy begin eers professioneel toneelspeel op 40 nadat die gesin vanaf die Boland na die Wesrand verhuis. Sy skryf graag briewe. Een van haar grootste plesiere is om in die koue oseaan te swem.

Du Preez is ’n bekende Suid-Afrikaanse aktrise en, behalwe vir haar verhoogrolle, sal lesers haar herken uit TV-programme en rolprente soos Dit wat stom is, Plek van die Vleisvreters, Bhai’s Cafe en Lipstiek Dipstiek.

Alhoewel die boek ’n outobiografiese inslag het, lees dit soos ’n roman en lesers van fiksie en nie-fiksie sal byval vind daarby.

Willemien du Preez

Original price was: R320.00.Current price is: R150.00.

1 in stock

Description

Die verteller en haar man, Liefie, besluit om digby aftrede hulle lewe in die stad agter te laat en ’n plaas naby Greyton te koop. Hulle word verlei deur die blou berge en plattelandse idille. Wanneer hulle eers daar woon, word hulle egter ontnugter deur die werklikheid van die plaaslewe. Daar is ’n prys te betaal vir die mooi prentjies waarna gehunker word. Gif wat blom, plant, vrug en dier perfek vir die mark laat gedy sodat die landskap sag op die oog val, terwyl die versweë giwwe in die samelewing ook uitgespit word. Die alewige wind en vragmotors wat stof na die huis toe laat waai, teister hulle en stof word amper ’n soort hoofkarakter in die verhaal. Liefie sukkel om die boerdery winsgewend te maak, terwyl die verteller tevergeefs met die bouers stoei om die plaashuis in haar droomhuis te omskep (en tevergeefs skoonmaak aan die stof!).

Die skrywer het ’n uitstekende waarnemingsvermoë en die beskrywing van die swaarkry en gesukkel op die plaas  word verweef  met ’n fyn sin vir humor. Die leser word ingetrek in die wêreld van die verteller, Liefie en hulle hond, Saar – asook hulle bure en die plaaswerkers.

OOR DIE OUTEUR
Willemien du Preez is in wese ‘n Kapenaar. Haar vormingsjare is in Vishoek (haar pa was in die vloot) en daarna het sy heen en weer tussen Gauteng en die Kaapprovinsie getrek. Haar drie kinders het sy op ‘n vroeë ouderdom en sy begin eers professioneel toneelspeel op 40 nadat die gesin vanaf die Boland na die Wesrand verhuis. Sy skryf graag briewe. Een van haar grootste plesiere is om in die koue oseaan te swem.

Du Preez is ‘n bekende Suid-Afrikaanse aktrise en, behalwe vir haar verhoogrolle, sal lesers haar herken uit TV-programme en rolprente soos Dit wat stom is, Plek van die Vleisvreters, Bhai’s Cafe en Lipstiek Dipstiek.