Oepse daisy, Lulu! (Afrikaans, Paperback)

Lulu droom daarvan om ‘n modeontwerper te word, nes haar ma en pa. Niks is vir haar lekkerder as om ontwerpe in haar rooi tekenboek te teken nie. Daarom is sy sommer baie in haar noppies toe sy hoor haar tannie gaan by hulle kom kuier. Tannie Tula-Belle dra die mooiste klere en sy sing soos ‘n nagtegaal. Sy kom juis stad toe om in ‘n groot operakonsert te sing. Toe sy Lulu se pragtige modeontwerpe sien, besluit tannie Tula-Belle op die daad dat Lulu vir haar ‘n rok vir die konsert moet ontwerp. Lulu kan nie wag om met die rok te begin nie. Maar dit lyk of tannie Tula-Belle haar moeilikste klient tot dusver gaan wees. En kort voor lank moet Lulu help om die operakonsert te red … ‘n Heerlike boek vir jong lesers wat op soek is na humor en ‘n lekker spannende storie – met Elsbeth Eksteen se fantastiese volkleurillustrasies wat bydra tot die pret!

Fanie Viljoen; Illustrated by Elsbeth Eksteen

R160.00

Available on back-order

SKU: 9780799377262 Categories: ,

Description