Site icon Book Hub

Romanza Nostalgie Spesiaal: Madelie Human – Optelgoed is hougoed / Jy’s die een (Sagteband, 287 pg) Madelie Human

Romanza Nostalgie is ’n terugblik na die eerste titels van ons gewildste Romanza-skrywers – daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Met hierdie versamelitems vier ons 15 jaar van ontspanning, ontvlugting en pure bederf.
Optelgoed is hougoed
Brink de Meyer se terugkoms Sitrusville toe het al wat hubare vroumens is op hol. Almal behalwe Tharien. Hy’s van die bodorp en sy ’n motorwerktuigkundige. Maar Brink draai net om haar. Onthou hy nie hulle geskiedenis nie?
Jy’s die een
De Wet Erasmus is skoon bombefoeterd oor sy nuwe huismaat. Daar’s skielik net te veel goed, te veel vróú in sy huis. Roni versondig sy siel graag, nie bedag op wat in dié strak wetenskaplike skuil nie.
Exit mobile version