Sale!

Skuldig (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe, 377 pg) Martin Steyn – out pf print

As die dood onverwags en gewelddadig kom, is dit regtig beter om vinnig, sonder lyding, saam te gaan? Het die meeste mense nie daardie oomblikke nodig om te bely en om vergifnis te vra nie?
‘n Middeljarige tandarts word tereggestel in sy sitkamer, een skoot in sy voorkop, maar nie voor hy een woord teen die muur geskryf het nie – in die bloed wat uit die sny in sy hand drup. Adjudant Colin Menck kyk na die sewe letters teen die muur, die ‘skoon’ toneel, en hy is oortuig dis ‘n professionele moordenaar se werk.
Maar wie het hom gehuur? Daar is verdagtes, veral sy vrou, wat net te onemosioneel oor die moord is. Maar wat het hy gedoen dat iemand betaal het om hom te laat doodmaak?
Terwyl Menck nog antwoorde soek, word ‘n tweede man in sy woonstel tereggestel. Weer is daar sewe letters in bloed teen die muur. Nou is daar baie meer vrae, want daar is geen tekens dat hierdie twee slagoffers enige verbintenis met mekaar gehad het nie.
Die enigste raakpunt is nog ‘n ongelukkige vrou, ‘n eks hierdie keer, hulle seuntjie ‘n twispunt.
Om sake te bemoeilik, het Menck en sy nuwe jong kollega mekaar nog nie regtig gevind nie. Daar is boonop die wrywing met die nuwe ambisieuse groepleier én iemand uit ‘n hoofstuk in sy lewe waarvan hy eerder wil vergeet.
Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys? Hoeveel mans gaan nog SKULDIG in hulle eie bloed skryf?

Martin Steyn

Original price was: R250.00.Current price is: R165.00.

Out of stock

Description