Stuur My Groete Aan Salome (Afrikaans, Paperback, 382 pg)

Teen die agtergrond van die Anglo-Boere-oorlog raak die jong Salome de Waal net so verstrengel in ‘n Pretoria se spioenasienetwerk as in haar eie verwarde gevoelens.  Kyk hieronder vir meer inligting …

Jackie Grobler

R250.00

Available on back-order

Description

In die vroee oggendure van 15 Maart 1901 word Salome de Waal wakker gemaak deur ’n dringende klop aan haar kamervenster. Dit is die Boereverkenner Hans van Zyl wat wegkruipplek soek van sy Kakie-agtervolgers. Hans, ’n ou vriend van Salome se verwonde broer Piet, word Salome se enigste kontak met die Boere op die slagveld. Hoe moet sy die opwinding verstaan wat Hans se besoeke elke donkermaan meebring? Sy is immers getroud, al beskou sy haar man, Albert, as ’n verraaier omdat hy vir die Britse besettingsmag werk. Dan is daar ook die sjarmante maj. Bruce Symington, wat betower word deur Salome se skoonheid en haar andersheid. Salome raak net so verstrengel in die spioenasienetwerk in Pretoria as in haar eie verwarde gevoelens, haar pligsbesef en haar politieke oortuigings. Eers wanneer sy as hulpverpleegster in die Irene-konsentrasiekamp gaan werk, word die oorlog vir haar werklikheid en neem sake ’n verloop wat sy nie kon voorsien het nie.