Super Romanza: Jy is Onvervangbaar (Afrikaans, Paperback, 304 pg) OUT OF PRINT

Magriet Aggenbach kom lek haar wonde in die Kaap nadat haar vriend haar vir ‘n ander vrou gelos het. Haar tannie Jacky se restaurant maak nie genoegsaam wins nie en Magriet moet kom help omdat sy pas haar graad in bemarking verwerf het. Gou raak sy deel van die Kaapse elite se vriendekring, en moet sy bontstaan om Xander Prinsloo se ongevraagde aandag vry te spring.

Dina Botha

R165.00

Out of stock

SKU: 9780799387605 Category:

Description

Magriet Aggenbach kom lek haar wonde in die Kaap nadat haar vriend haar vir ‘n ander vrou gelos het. Haar tannie Jacky se restaurant maak nie genoegsaam wins nie en Magriet moet kom help omdat sy pas haar graad in bemarking verwerf het. Gou raak sy deel van die Kaapse elite se vriendekring, en moet sy bontstaan om Xander Prinsloo se ongevraagde aandag vry te spring.

Sy wil nie weer seerkry nie, en doen haarself voor as ‘n kelnerin in haar tannie se restaurant sodat sy kan toets of haar nuwe rykmansvriende haar aanvaar vir wie en wat sy is. Syself is ‘n rykmanskind en is die dogter van Karel Aggenbach, ‘n magnaat in Johannesburg. Sodra haar “vakansie” by haar tannie verby is, gaan sy in haar pa se besigheid werk.

Dis egter Xander se beste vriend Jean-Michael le Roux wat Magriet se aandag trek, alhoewel hy baie arrogant en inmengerig is. En hy kom ruggraatloos voor want sy ouers en sy vriendin Leandrè se ouers wil hom en haar in ‘n huwelik indwing om sodoende die twee familieryke te verenig.

Gaan Jean-Michael die toets deurstaan om te bewys dat Magriet onvervangbaar vir hom is? En dat geld en status nie alles is nie?