Decima (Junie 2023, Sagteband, 288 pg, Fiksie) Eben Venter – DUPLICATE

Hierdie is ‘n voorafbestelling, publikasie einde Junie. Neem asseblief kennis dat ons volledige bestellings versend, as jou boekbestelling hierdie titel insluit, sal jou bestelling versend word sodra alle voorraad beskikbaar is. Decima is ’n elegiese werk vir baie stemme waarin die skrywer die aard van verlies in sy vele gestaltes besing. Die boek kombineer outoksie, fabel, ’n speurverhaal en die wetenskap, en is ’n dringende pleidooi vir die bewaring van een van die wêreld se megaherbivore. Lees meer hieronder.

Eben Venter

R290.00

Out of stock

Description

Hoe skryf mens oor hierdie dier as gevoelvolle wese?

In die Oos-Kaapse veld maak ’n skrywer haar in sy verbeelding staan: Vir Decima – ’n formidabele swartrenosterkoei. Haar dogter, Tandeka, is dragtig, en die handvol renosters sien uit na die kalf se koms in die lente. Maar vir Decima is daar vrees wat met elke volmaan in haar opwel. Sy kan steeds die gebeure onthou wat haar baie seisoene vantevore wees gelaat het.

Al werkend aan Decima se verhaal, is Eben. Hy vra: Hoe skryf mens oor hierdie dier as gevoelvolle wese? Deel van die storie is die verskillende karakters wat ’n impak op die lot van die renosters het: stropers, hul kliënte, beoefenaars van tradisionele medisyne, ook die bewaarders. En tussendeur is daar Eben se brose ma wat in die land agtergebly het. Soos hy sy weg vind deur die bladsye van sy manuskrip, is dit die stem van Decima wat die suiwerste in sy gedagtes klink.

Die Skrywer | Eben Venter is die skrywer van nege hoogaangeskrewe romans, onder meer Ek stamel, ek sterwe, Begeerte, en Horrelpoot. Hy is reeds vyf keer met die WA Hofmeyr-prys bekroon, en het die KykNet-Rapport-prys vir sy boek Wolf, wolf ontvang. Hy is ook die skrywer van twee kortverhaalbundels en ’n versameling rubrieke. Sy boek Green as the sky is blue het hy as deel van ’n doktorsgraad in kreatiewe skryuns aan die Universiteit van Queensland voltooi, en sy werk is in Engels, Nederlands en Duits vertaal. Hy is gebore op ’n skaapplaas in die Oos-Kaap en woon tans in Australië.