Die Binneland In: Nog Stories en Reise (Julie 2023, Sagteband) Dana Snyman – duplicate

Dit is ‘n voorafbestelling, publikasie 31 Julie 2023. Let daarop dat u volledige bestelling slegs voltooi sal wees sodra voorafbestellingsboekvoorraad beskikbaar is. Dana kyk met sagte oë na die mense wat hy raakloop, en hy vind geloof, hoop en liefde, ten spyte van alles. Lees meer hieronder.

Dana Snyman

R310.00

Available on back-order

Description

Dana Snyman is volksbesit. In sy nuwe boek verken dié geliefde skrywer die hedendaagse landskap in ons land. Hy verwoord wat so baie van voel in die nadraai van die pandemie, met die politiek en beurtkrag wat ons in sak en as het. Mense begin opgee op hulself en op die land. Dana kyk met sagte oë na die mense wat hy raakloop, en hy vind geloof, hoop en liefde, ten spyte van alles.

In Die binneland in ontgin hy veral geloof, van sy eie “eerste bekering” tot kerkdienste vandag. Die boek sluit hierin aan by ‘n nuwe Kyknet-reeks wat Dana aan die skiet is oor geloof en kerke. Hy skryf ook oor bekendes en vriende wat weggeval het, soos die ikoniese spotprenttekenaar Fred Mouton, en bring Bles Bridges se begrafnis in herinnering. Daar is ook lighartige stories oor rugby en moleste by skool-reunies. Dis Dana soos net Dana kan.