Dierehotel-Omnibus (3-in-1) (Afrikaans, Sagteband, 160 pg, ouderdom 7+) OUT OF PRINT

Drie stertswaai-lekker stories uit die dierehotel!

Goeie nuus vir jong diereliefhebbers: Die gewilde Dierehotel-reeks is nou vir die eerste keer in ’n omnibus beskikbaar! Troeteldiereliefhebbers is versot op die tweeling Liela en Dirkie se avonture in die Dierehotel! In elke boek maak ’n nuwe vierpotige of geveerde kuiergas sy opwagting in die hotel – en dit sorg vir hope opwinding! ’n Prettige, snaakse reeks vol oulike troeteldiere en lawwe avonture!

#1: Alle diere welkom!

Die tweeling Liela en Dirkie kan nie glo hulle gaan in hulle tante se hotel bly nie. Die hotel lyk nou wel oud en afgeleef – maar daar wag sommer hope verrassings op hulle! Die hotel is vol ou kamers en daar is ’n daktuin en selfs ’n hysbak. Daar is ook een GROOT probleem – daar is geen gaste nie.

Maar toe Liela en Dirkie aanbied om na hul nuwe buurman se hondjie te kyk, gee die woelige, wollerige bondeltjie hulle ’n fantastiese idee. Hulle gaan hul nuwe tuiste in ’n ongelooflike hotel verander … spesiaal vir diere! En hulle kan nie wag om die eerste besoekers in die splinternuwe hotel te verwelkom nie.

#2: ’n Groot verrassing

Die volgende kuiergas by die Dierehotel is ’n gestreepte grys kat genaamd Matilda. Maar Liela en Dirkie is bekommerd, want Matilda wil glad nie speel nie – sy wil net die heeltyd wegkruip en slaap! Wat op dees aarde is fout met haar?

Intussen maak Elvis die kokketiel moeilikheid tydens sy kuiertjie. Hy gaps die heeltyd kos uit die kombuis, en hy wil Matilda nie met rus laat nie. Is hy net stout, of weet hy dalk iets wat Liela en Dirkie nie weet nie?

#3: Snuf in die neus

Almal is verras om te sien hoe fluks die Dierehotel deesdae sake doen! Liela en Dirkie het hope troeteldiere om op te pas – katte, honde, konyne, marmotte en voëls. Maar toe ’n afgetrede polisiehond genaamd Watson kom inloer, snuffel hy allerlei moeilikheid uit. Kan Liela en Dirkie met sy hulp die Dierehotel se heel eerste geheimsinnige raaisel oplos?

Kate Finch; Illustrated by John Steven Gurney

R185.00

Out of stock

SKU: 9780799389555

Description