Fanie Os Oppie Jas (Mei 2023, Sagteband, Nie-fiksie, Reis, Kaarte & Toerisme) Fanie van der Merwe

Voorafbestlling – Publikasie Mei. Ondanks sy juwéél van ‘n Afrikaanse naam verkeer Fanie van der Merwe reeds vir twee dekades in selfopgelegde ballingskap. Danksy sy nering as geskiedenisonderwyser aan internasionale skole kry hy klokslag geleentheid om internasionaal te reis, wat hy met oorgawe doen. In die proses het hy reeds meer as vyftig lande besoek. Lees meer hieronder.

Fanie van der Merwe

R240.00

Out of stock

SKU: 9781776172399 N

Description

Ondanks sy juwéél van ‘n Afrikaanse naam verkeer Fanie van der Merwe reeds vir twee dekades in selfopgelegde ballingskap. Danksy sy nering as geskiedenisonderwyser aan internasionale skole kry hy klokslag geleentheid om internasionaal te reis, wat hy met oorgawe doen. In die proses het hy reeds meer as vyftig lande besoek.
In 2017 skep Fanie sy “Fanie Os Oppie Jas”-blad op Facebook – ‘n hoekie in die kuberruim waar hy dagboek van sy reise hou, en vandag volg meer as 11,000 intekenare sy avonture.
Met “Die reisstories van ‘n nomadiese geskiedenisonderwyser” neem Fanie die leser op ‘n warrelwindreis na ses lande wat nie gereeld op die gemiddelde reisiger se radar verskyn nie – Noord-Korea, Mianmar, Kambodja, Tibet, België, en die uithoeke van die VSA.
Danksy ‘n kombinasie van pittige anekdotes in die suiwerste Afrikaans, asemrowende foto’s en lighartige, dog boeiende geskiedenisverwante vertelllings, beloof dié boek om ‘n reisbundel te wees soos wat nog selde in Afrikaans gesien is. Die geskiedkundige feite sal verbluf, die foto’s sal betower, maar dis Fanie se unieke, tong-in-die-kies-waarnemings wat selfs die mees huisvaste Jan Tuisblyer sal laat jeuk vir ‘n internasionale reis.