Verbly julle in die hoop (Junie 2023, Sagteband, 224 pg, Christelike Fiksie) Helena Hugo – DUPLICATE

Hierdie is ‘n voorafbestelling, publikasie einde Junie. Neem asseblief kennis dat ons volledige bestellings versend, as jou boekbestelling hierdie titel insluit, sal jou bestelling versend word sodra alle voorraad beskikbaar is. Verbly julle in die hoop sal harte aanraak en twyfelaars nuwe moed gee. Verbly julle in die hoop is die tweede van ’n drieluik wat die boeiende verhaal van Andreas Beyers en Estie Wolmarans vertel. Hierdie tweede verhaal fokus op die noodsaaklikheid van hoop in gelowiges se lewens en hoe hulle daaraan moet vasklou. Hierdie roman is geïnspireer deur die Bybelvers, Romeine 12:12: “Verbly julle in die hoop; staan vas. Lees meer hieronder.

Helena Hugo

R290.00

Out of stock

Description

Verbly julle in die hoop is die tweede boek in die drieluik met die temas geloof, hoop en liefde wat verbeeld word deur die lewensverhaal van Andreas Beyers. Ons eerste ontmoeting met ’n jong Andreas is in Geloof soos ’n mosterdsaadjie, en hier vind ons hom waar hy terug delf in die verlede.

Dit is Vrydag 20 Maart 2020: Die huis waar Andreas die afgelope vyf jaar gewoon het, is opgepak. Die volgende dag vertrek hy saam met sy kinders na ’n aftreeoord in die Strand waar hy die laaste jare van sy lewe sal slyt. Hoewel Covid-19 inperkings aan die orde van die dag is, weet die meeste Suid-Afrikaners, asook Andreas en die ander mense op die plattelandse dorpie glad nie wat op hulle wag nie.

Verbly julle in die hoop sal harte aanraak en twyfelaars nuwe moed gee. Jesus se volgelinge hoop nie omdat hulle wens dat dit eendag beter met hulle sal gaan nie; hulle leef in blydskap omdat hul wense reeds vervul is. Dit moes Andreas Beyers eers leer voordat hy blywende geluk kon vind.