Description
Met raad van toeka se dae gekombineerd met moderne vooruitgang het jy alles wat jy nodig het om ‘n pragtige tuin te hê.
Hierdie boek is vir enigeen wat so pas die plesier van vroetel in die grond ontdek het, brand om te sien hoe saad soos hare op ‘n hond se rug ontkiem en hou van inspirerende idees en maklike doen-dit-self-goed, maar ook vir gesoute tuiniers wat dalk ‘n truuk of twee vergeet het.





