Sale!

Deborah – Davelvroue 4 (Mei 2023, Sagteband, 312 pg, Fiksie, Liefdesromans) Chanette Paul

Nou beskikbaar. Die Davel-reeks is een van Chanette Paul se mees geliefde reekse. Oor sewe boeke, wat afspeel tussen 1899 en 1938, vertel sy van sewe verskillende Davel-vroue, wys hulle soeke na tuiste, betekenis en liefde teen die agtergrond van ’n veranderende Suid Afrika. In hierdie boek volg ons vir Tamara se middelkind, Deborah, ’n buitengewoon intelligente vrou met ’n passie vir argeologie wat haar na ver en vreemde plekke lei. Hier moet Deborah veg vir haar plek in ’n tyd en veld waar vrouens nie toegelaat was nie. Maar hoe gemaak as sy begin vermoed dat die man wat sy liefhet argeologiese skatte steel en verkwansel vir eie gewin? Lees meer hieronder.

Chanette Paul

Original price was: R280.00.Current price is: R260.00.

Available on back-order

Description

Die een soort man wat ’n wildewragtig argeoloog nie mag liefkry nie, is ’n oudhededief.

Haar pa sê sy’s ’n wildewragtig. En Deborah ís versot op argeologiese opgrawings. Sy dra graag haar boetie se klere. Maar beeldskoon en pure vrou, dié is sy.

Die argeoloog Heath Hughes leer haar as Doepie ken. ’n Jong seun, glo hy. Maar hy ontmoet ook vir Deborah. En altwee herken onmiddellik die intense aangetrokkenheid tussen hulle.

Saam beland hulle by die Zimbabwe-ruïnes waar hulle opgrawings doen – Deborah vermom as Doepie. Sy weet sy het hierdie blonde man lief, maar hoor dat hy eintlik ’n leuenaar is en die vondste vir eie gewin hou. Hy’s ’n dief, oneerlik, en die vrou in haar weet nie waarheen met haar liefde nie.