Harry Potter en die Towenaar se Steen (April 2024, Sagteband, 224 pg, Tieners) J.K. Rowling Vertaler: Janie Oosthuysen

Ná byna 10 jaar uitdruk is dit uiteindelik terug op oorweldigende aanvraag: die Harry Potter-reeks in Afrikaans! Die eerste boek in die reeks, Harry Potter en die Towenaar se Steen, sal op 19 April 2024 die winkelrakke trek. Daarna sal daar elke maand tot Oktober 2024 ‘n nuwe Harry Potter wees om na uit te sien.  Lees meer hieronder.

J.K. Rowling Vertaler: Janie Oosthuysen

R250.00

Available on back-order

SKU: 9780798184380 NB Categories: , ,

Description

Harry Potter het nog nooit eens van Hogwarts gehoor toe die briewe op die deurmatjie voor Privetlaan nommer vier begin verskyn nie. Die koeverte met die groen ink en pers stempel op vergeelde perkamentpapier word egter vinnig deur sy mislike oom en tante gekonfiskeer. Maar dan, op Harry se elfde verjaardag, bars ‘n reus van ‘n man met lang, ruie hare en ‘n woeste gekoekte bos baard by die voordeur in. Die reus stel homself voor as Hagrid en hy bring verstommende nuus: Harry is ‘n towenaar en hy word genooi na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery. ‘n Ongelooflike avontuur is op die punt om te begin! Uiteindelik is hierdie wêreldberoemde reeks weer terug in Afrikaans.