Ter wille van (Februarie 2026, Sagteband, 272 pg) Madelie Human

Dit is ‘n voorafbestelling, vrystellingsdatum begin Februarie 2026. As jou bestelling ander boeke insluit, neem asseblief kennis dat jou volledige boekbestelling eers versend sal word sodra ALLE voorraad beskikbaar is.

Die man met wie Danika vir ’n baie kort rukkie dolgelukkig was, het in ’n vreemdeling ontaard. Sy verloor haar baba nadat hy haar aanrand, en jare later worstel sy steeds om te herstel.

Malan verloor sy swanger vrou in ’n motorongeluk. Die medici kon hul tweelingbabas red, maar nie vir haar nie.

Kan Danika en Malan hulle verlede ontsnap en hierdie tweede kans op geluk aangryp?

Lees meer hieronder.

Madelie Human

R300.00

Available on back-order

SKU: 9781779881021 Categories: , , Brand:

Description

Die man met wie Danika vir ’n baie kort rukkie dolgelukkig was, het in ’n vreemdeling ontaard. Sy verloor haar baba nadat hy haar aanrand, en jare later worstel sy steeds om te herstel. Sy skryf jeugboeke en doen vrywillige werk by die neonatale afdeling van ’n hospitaal om die honger na haar eie kind te stil.

Malan verloor sy swanger vrou in ’n motorongeluk. Die medici kon hul tweelingbabas red, maar nie vir haar nie. Hy verkeer in skok en dat hy nou alleen na sy pasgebore babas moet omsien voel vir hom onwerklik. Maar hy sien hoe liefdevol Danika die babas by die hospitaal behandel en vra haar om hom met die versorging van sy dogtertjies te help. Sy verloor haar hart op hulle en toe Malan se skoonouers dreig om voogdyskap oor die kinders te verkry, stel Malan se prokureurvriend ’n gerieflikheidshuwelik voor ter wille van die kinders.

Maar Danika sukkel om weer ’n man in haar hart en lewe toe te laat, en Malan voel dat hy ontrou aan sy oorlede vrou is. En toe Danika se eks in die tronk vermoor word, word sy van die moord verdink wat dinge verder kompliseer.

Hul beste vriende vind na twintig jaar weer geluk, maar kan Danika en Malan hulle verlede ontsnap en hierdie tweede kans op geluk aangryp?