VIER SEISOENE KIND (Februarie 2026, Sagteband, 512 pg) Wilna Adriaanse

Let wel: Dit is ‘n voorafbestelling, publikasiedatum 06 Februarie. Neem asseblief kennis dat ons volledige bestellings stuur. As jou bestelling ‘n voorafbestellingstitel insluit, sal jou volle bestelling gestuur word sodra alle voorraad beskikbaar is.

Die woord “weduwee” is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee sy haarself met moeite vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ’n skamele drie jaar ná hul troue. Op Stellenbosch wag haar ondersteuningsnetwerk en moet sy die Big Pink-teaterrestaurant oorneem. Maar iewers tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van ’n leë plek langs haar in die bed, het haarself verloor.

Lees meer hieronder.

Wilna Adriaanse

R365.00

Available on back-order

SKU: 9780624096375 Categories: , , Brand:

Description

Die word ‘weduwee’ is ‘n verdrietige woord, ‘n toestand waarmee sy haarself met moeite vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ‘n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en Ben nog is. En Marcus en Helen net om die draai in Kaapstad woon. Haar ondersteuningsnetwerk.

Of dit so ‘n goeie plan is om terug te gaan na die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet sy nie, maar in dié stadium wil sy nêrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Tussenin die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van ‘n leë plek langs haar in die bed, het sy die Cato wat sy geken het, verloor. En in haar plek ‘n bang vreemdeling gevind.

WILNA ADRIAANSE is in 1958 in die Kalahari gebore en het op Worcester grootgeword. Van haar bekendste boeke is Rebecca (2004), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA-graad in skeppende skryfwerk aan die UK voltooi, en daaruit spruit haar roman ’n Klein lewe (2012). Sy verdeel haar tyd tussen Botswana en die Boland.