Description
Uit die Beek is net oor ‘n 100 jaar oud. In hierdie uitgawe begin ons ons reis by Genesis. Ons lees in die Ou Testament ook uit Eksodus, Rut, 1 Samuel, 2 Samuel, Ester, Psalms, Spreuke, Prediker en Jesaja. In die Nuwe Testament lees ons uit Markus, 1 Korintiërs, Filippense, 1 Tessalonisense, 2 Tessalonisense, 1 Timoteus en 2 Timoteus. Soos gewoonlik word die belangrikste seisoene van die kerkjaar in ag geneem. Mag jy, liewe leser, vanjaar opnuut hoor dat jy aan Jesus Christus behoort.
Die skrywer: Stephan Joubert is ’n teoloog, bekroonde skrywer, prediker en ’n gesinsman. Hy is hoof van eKerk en ’n buitengewone professor by verskeie universtiteite. Hy skryf rubrieke in Beeld en JUIG! Die Boodskap, saam met Jan van der Watt, is een van die mylpale in sy lewe. Stephan het al meer as 55 titels uitgegee en meer as 200 000 boeke verkoop.





