Description
Hierdie tweetalige woordeboek (Afrikaans-Engels | Engels-Afrikaans) is ’n splinternuwe, kompakte naslaanwerk wat ontwerp is vir vinnige toegang tot hedendaagse taalgebruik. Taalleiding sluit lettergreepverdeling, woordsoorte, verbuigings en genommerde vertalings in.
Met meer as 17 000 Afrikaanse en Engelse trefwoorde, asook sowat 10 000 afleidings wat die hedendaagse Suid-Afrika weerspieël, is dit ‘n moderne bron wat die dinamiese aard van beide tale vasvang.
Pharos Woordeboeke spesialiseer in verklarende en tweetalige woordeboeke vir Afrikaans, Engels en die amptelike Afrikatale, asook stylgidse en taalhulpmiddels. Pharos hersien hul woordeboeke gereeld en ontwikkel voortdurend nuwe produkte. Die fokusgebied tans is die ontwikkeling van skoolwoordeboeke oor die hele spektrum van die skoolfases.





