Afrikanerkind – Boerestories (Julie 2025, Sagteband, 144 pg) Wendy Maartens; Alistair Ackermann

“Afrikanerkind – Boerestories” is ‘n versameling ware kinderstories wat die lewens van Boerekinders oor bykans twee eeue van Suid-Afrikaanse geskiedenis vertel.

Lees meer hieronder.

Wendy Maartens

R200.00

Available on back-order

SKU: 9780637007849 Categories: , Brand:

Description

Elke verhaal fokus op kinders wat buitengewone dinge gedoen het onder moeilike omstandighede. Deur hierdie verhale wil Wendy Maartens jong wit Afrikaners inspireer om trots te wees op hul erfenis en identiteit, en om die skuldlas van die verlede agter te laat. Die bundel beklemtoon ook die belangrikheid van begrip tussen verskillende kultuurgroepe en wys hoe gemeenskappe deur die eeue heen na mekaar uitgereik het, mekaar gehelp en in liefde gedien het. Daarbenewens word die uitdagings van Afrikaner-emigrante in die buiteland verken deur ‘n moderne verhaal wat as raamwerk dien.

Kinders wie se stories ingesluit is in die bundel:
Nettie en Feya Botha
Helena Lotrie
Jan Uys
Petrus Bezuidenhout
Johanna van der Merwe en Catharina Prinsloo
Ferdinand van Gass
Marthinus Oosthuyzen
Dirkie Uys
Fransie Robbertse
Hansie Smal
Flippie Neser en Petrus de Lange
Die Penkoppe
Jan van Kaller
Piet van Rooyen
Niklaas Kriek
Ernst de Jager
Kosie Pietersen
Annatjie Vorster

Belangrike temas: Die gebruik van die woord “Boer” en die emosionele impak daarvan. Die aanvaarding en erkenning van wit identiteit en gemengde erfenis. Die verwerking van skuld en trauma wat geërf is van voorouers. Die belangrikheid van historiese feite en onpartydige inligting. Die noodsaaklikheid om die verlede te erken en te vier om vorentoe te beweeg. Onderlinge begrip tussen kultuurgroepe. Hoe verskillende kultuurgroepe in hierdie land deur die eeue as vreemdelinge, vriend en vyand op die mees onwaarskynlike tye en op vindingryke maniere na mekaar uitgereik het, mekaar versorg en in liefde gedien het. Die uitdagings van Afrikaneremigrante in die buiteland.

Unieke kenmerke: Kronologiese rangskikking van verhale wat ‘n oorsig van bykans twee eeue se Suid-Afrikaanse geskiedenis bied.Insluiting van feite en sienswyses wat voorheen verswyg is. Gebruik van name, plaasname en plekname om kinders te help identifiseer met die stories. Fokus op die Slag van Bloedrivier, die Anglo-Boereoorlog, die Groot Griep van 1918, en ander geskiedkundige gebeurtenisse. ‘n Eietydse verhaal van kinders wat uit Australië kom kuier by hul ouma en oupa in Suid-Afrika.