Description
Wanneer hy op Brumbie’s Cove aanland, leer ken hy vir Carin, die perdefluisteraar wat moet sorg dat hy die vakansie net daar bly en hard werk. Hy ontmoet ook vir Liesl, die meisie met die koperrooi hare wat ook onverstaanbaar lief is vir die proesende gedoentes waarvan hy niks hou nie. Dan is daar Avik, die vosperd met die ster op die voorkop en die donkerbruin oë wat altyd so diep kyk. Simon is vasberade om nie sy siening oor perde te verander nie. Maar dan begin die wêreld om hulle brand. Hoe gaan almal deur die vuur kom?





