Description
Net toe Justin dink sy woeste week kan nie woester word nie, bereik hy ’n nuwe laagtepunt. ’n Onderaardse ontbering. Op die bodem van ’n gapende gat. Die donkerste, diepste dieptes. Maak jou reg vir ’n bibberboud-belewenis!
MATT COSGROVE is die topverkoper-outeur/illustreerder van Macca the Alpaca en die Epic Fail Tales-reeks. Hy is gebore en het grootgeword in Wes-Sydney. Hy hou van sjokolade, om sosiale interaksies te vermy en nóg sjokolade.
EVA AMORES is ‘n skrywer en ontwerper/fotograaf wat vir die Sydney Opera House en die ABC gewerk het. Sy is in die Filippyne gebore en het later na Australië verhuis. Sy hou van skoene, reis en nóg skoene.





