Description
Dirkie (oftewel Rikki soos hy in Nederland genoem word, Nicky in Duitsland, Benji in Frankryk of sommer net Flop-Ear in Amerika) is die skepping van Guido van Genechten. In 1998 wen Van Genechten met hierdie boek die Prijs van de Stad Hasselt, die belangrikste internasionale wedstryd in België vir kinderboek-illustreerders. Sedertdien is hy voltyds besig om nuwe karakters te skep waarmee hy die harte van peuters en kleuters verower. Sy prenteboeke is in meer as 30 lande beskikbaar.





