Gemaklik in jou eie lyf (Sagteband, Tieners) Leandie du Randt

Die praktiese raad sal tienermeisies help om anders oor hulself te dink, om meer selfvertroue te kry en om mishandeling te hanteer en te rapporteer. Alhoewel daar ‘n sterk geestelike boodskap is, ‘preek’ die outeur nie en maak sy dit duidelik dat die boek vir enige iemand is, wat ook al hul geloofsoortuiging. Lees meer hieronder.

Leandie du Randt

R200.00

Available on back-order

Description

2014: Leandie du Randt is ‘n gewilde jong Afrikaanse aktrise en ook ‘n geregistreerde psigometris. Gemaklik in jou eie lyf het ontstaan uit haar passie om mense te help en uit haar eie ondervinding en dus het sy hierdie boek geskryf gemik daarop om jonger meisies te help om selfvertroue te ontwikkel en die beste weergawe van hulself te wees.
Die boek is geskryf in gemaklike taal wat tieners sal verstaan, maar die boek bevat wysheid en lesse wat breër van toepassing kan wees.
Die boek word as ‘n drie-week-kursus aangebied met praktiese oefening aan die einde van elke dag. Die onderwerpe dek alle kwessies tieners sal raak, soos dwelm en alkoholmisbruik, groepsdruk, eetsteurnisse, liggaamsbeeld en dieper kwessies rondom gedagtes, innerlike selfvertroue en geestelike welstand.
Die praktiese raad sal tienermeisies help om anders oor hulself te dink, om meer selfvertroue te kry en om mishandeling te hanteer en te rapporteer. Alhoewel daar ‘n sterk geestelike boodskap is, ‘preek’ die outeur nie en maak sy dit duidelik dat die boek vir enige iemand is, wat ook al hul geloofsoortuiging.