Description
Die dieretuin wemel van werklik vreemde gediertes: Die diere vier karnaval! Apies, seekoeie, kameelperde – almal het hulle vermom. Wie is nou eintlik wie? Oom Alfie, die dieretuinbaas, het groot probleme en vra sy getroue vriend, Ignasius Peperment Krimpvarkie, om hom te help.
Die dieretuin se hekke maak al amper oop en voor daardie tyd moet die raaisel opgelos wees!





