Description
Hierdie stampvol kinderboek verduidelik waar spinnekoppe woon, wat hulle eet, hoe hulle jag, watter gif hulle het, en hoe hulle hul kleintjies beskerm. Treffende makrofotografie verken die wêreld van spinnekoppe soos nooit tevore nie. Ontmoet ’n spinnekop wat spoeg om sy prooi te vang, een wat in seeskulpe wegkruip, nog een wat as ’n mier vermom is . . . en meer as vyftig ander – van die welbekende Langbeenspinnekop tot die pragtige Blomkrapspinnekop, stekelrige Krimpvarkiespinnekop en goedgekamoefleerde Basspinnekop.





