Lotta se lewe 15: Otters oral! (Oktober 2025, Sagteband, 176 pg) Alice Pantermuller

Dit is die een katastrofe ná die ander in elfjarige Lotta se lawwe lewe! In Otters oral! is Lotta se beste vriendin, Chantelle, in die wolke, want haar ma het ’n man op ’n webwerf vir pasmaats ontmoet. Nou wil sy sommer vir almal ’n pasmaat soek! Miskien kan Lotta haar daarvan laat vergeet deur haar in die middel van die nag op ’n otter-avontuur te vat . . .  Die dagboekstyl en prettige illustrasies sal lesers van 8 tot 12 jaar boei.

Alice Pantermuller

R235.00

Available on back-order

SKU: 9780798185035 Categories: , Brand:

Description

Die skrywer: Alice Pantermüller wou reeds van laerskool af ’n skrywer of onderwyser word. Nadat sy onderwys studeer het, het sy as ’n Duitse taalassistent in Skotland gewerk, en daarna was sy ’n boekhandelaar. Vandag bly sy saam met haar gesin op die platteland naby Lüneburg in Noord-Duitsland. Sy is bekend vir haar kinderboekreeks Bendix Broderson.

Die vertaler: Kobus Geldenhuys is ’n bekende en bekroonde vertaler. Hy vertaal verskeie belangrike fiksie-, nie-fiksie- en kinderboeke en wen onder andere die SAUK se Artes-toekenning, die Akademie vir Kuns en Wetenskap se Elsabe Steenbergprys (2015), sowel as die Alba Bouwerprys (2016). Hy is ook gekies vir die IBBY SA Ererol (2015).