Onthou jy nog? (Junie 2025, Hardeband, 32 pg, Kleuters) Michael Engler

‘n Deernisvolle verhaal oor die dood en afskeid. Geskik vir kinders en die hele gesin.

Lees meer hieronder.

Michael Engler

R160.00

Available on back-order

SKU: 9781928446897 Categories: , Brand:

Description

Toe Blouvlerkie eendag spoorloos verdwyn, wil Muis, Krimpvarkie en Eekhoring eers glad nie glo wat gebeur het nie. Hul maatjie is dood. Beteken dit hulle sal nooit weer saam met hom aan bessies smul nie?

Nooit weer neute saam met hom soek nie? Die drie is diep hartseer.

Maar hoe vertroostend is dit toe hulle, met die hulp van wyse Uil, uitvind dat Blouvlerkie voortleef in die herinneringe en stories wat sy vriende oor en oor met mekaar deel.

Vertaler: Mia Oosthuizen, Illustreerder: Laura Bednarski.