Description
Want ‘n rilling rol deur sy hele lyf. Sy ore slaan toe. Sy lyf voel warm en koud gelyk. En hy voel die sweet soos twee riviere teen sy slape afrol. En dis nog nie die ergste nie … hoekom hoor hy wat Gemmer, die kat, vir hom sê? BEGIN HY STEMME HOOR?!
Lees van Tomas se vreemde avontuur, sy ma se laptop word gesteel en die damwal bo in die rivier breek, maar as hy die mense waarsku, wil niemand hom glo nie – want hy kan nie sê hoe hy dit weet nie. Gelukkig kry hy hulp van iemand van wie hy dit nooit sou verwag nie …





