Description
Heloise begin graad elf by Presidentpark. Daar ontmoet sy AB, die skool se “bad boy”, wat ook in haar kunsklas is. Wanneer hulle kunsonderwyser bedank, stel AB vir Heloise voor aan sy ouma, beeldhouer Heike Leibig. Heike se middeleeuse heldin is Heloise, wat saam met haar geliefde Abelard (na wie AB vernoem is) in Parys se oudste begraafplaas lê. Toeval? Die verhaal verweef temas van tuiskoms, aanvaarding, oorgawe, en die kuns van die lewe en liefde.
Die skrywer: Christien Neser is gebore op 22 November 1956. Sy is die skrywer van talle jeugboeke soos Amper Einstein (2013), Pienk is nie vir sissies nie (2018), Absoluut Einstein (2020), Die Mieke-reeks (2021-2023) en Ben breek weg (2024). Sy is ’n geregistreerde spraakterapeut en woon in Johannesburg.





