Tyd om te skaats (Kinders – Tieners)

Hannah is vasgekeer. Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer.

Jacolet van den Berg

R225.00

Available on back-order

SKU: 9780639601984 Categories: ,

Description

Hannah is vasgekeer. Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg. Tot Lua onverwags ʼn paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word. Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries? Sy kies! Sy kyk video’s oor hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere. Sy vlieg en wanneer sy land … land sy op wiele!

DIE SKRYWER
Jacolet van den Berg het in Bloemfontein grootgeword. Sy het BSc Dieetkunde
aan die Universiteit van die Vrystaat studeer waarna sy vir twee jaar in Engeland
gebly het. Ná ’n draai in Johannesburg het sy en haar gesin in die Paarl nesgeskop
waar sy, haar man en drie seuntjies saam met hul uitgebreide dierefamilie op ’n
pragtige Bolandse plaas woon. Met drie besige seuns gebeur alles in haar lewe
deeltyds – selfs om te slaap! Tyd vir skryf word telkens beperk tot die middernagtelike
ure. Nietemin is skryf een van haar passies en stories lê haar na aan
die hart.