Description
Vos en Haas is boeke wat saam met die kind se leesvermoë “groei”. Maar hulle is ook boeke om weer en weer te lees.
Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur skitterende tekeninge in volkleur van niemand anders nie as die wêreldbekende kinderboekillustreerder, Thé Tjong-Khing.
Dit maak hierdie eerste leeservaring iets onvergeetliks.
Boek 1 – Vos en Haas is in uil se huis. Uil het ‘n eier, Wie se eier is dit? en wat is in die eier? Uil weet nie … en vos weet nie en haas weet nie…maar na ‘n rukkie……..






