Riviere in die wildernis (Junie 2025, Sagteband, 288 pg) Karlien van Jaarsveld

Karlien se lewe is ’n besonderse getuienis van hoe om ’n tussenganger te wees in ’n vleeslike wêreld en steeds die geestelike pad te stap wat na Jesus en sy ware evangelie lei. Kom lees in Riviere in die wildernis waarom Karlien vir seker weet Hy maak alles nuut. Hy maak paaie in die woestyn en riviere in die wildernis.

Lees meer hieronder.

Karlien van Jaarsveld

R320.00

Available on back-order

Description

In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis luister.

Karlien vertel van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die jare daardie paaie gevleg met haar onwrikbare geloof gestap het. In hierdie poëtiese teks vol beeldspraak en vloeiende kreatiwiteit gesels sy oor kwesbare grepe uit haar lewe. Sy deel met die leser haar ondersoeke in die Woord, die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en diep persoonlike gewaarwordinge.

In Riviere in die wildernis leer ons Karlien ken soos nog nooit tevore nie. In haar arms het sy al lewe, siekte en dood vasgehou en geleer hoe om, of die Here nou gee óf neem, steeds ‘n halleluja te sing.