Description
Maar sy het nog skaars in die trauma-eenheid by Noordeberg Hospitaal begin werk, toe een van die verpleegsters vermoor gevind word – haar lyk in ’n oënskynlike uitbeelding van skoonheid gerangskik.
Skielik voel dit weer asof die onheil Libby agtervolg waar ook al sy gaan. En asof haar verstand met haar begin parte speel.
Loop die moordenaar dalk tussen hulle in die hospitaalgange rond? En wie stuur dreigende briewe aan Libby – briewe wat dit duidelik maak dat hulle van haar verlede weet . . .





