Die Anglo-Boereoorlog In Kleur: Volume 2 – Guerrillaoorlog 1900-1902 (Oktober 2025, Sagteband, 264 pg) Tinus le Roux

Verdere tonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) kry lewe in hierdie unieke versameling gekleurde foto’s van een van die grootste konflikte in Suid Afrika.

Lees meer hieronder.

Tinus le Roux

R475.00

Available on back-order

Description

Die beelde gee ’n oorsig oor die werklikheid en hartseer van dié oorlog. Volume 1 het die konvensionale fase van die Anglo-Boereoorlog uitgebeel. Volume 2 dek die guerrillaoorlogvoering vanaf 1900 tot 1902 en beeld onder andere die tragedie van die verskroeideaardebeleid uit en die daaglikse roetine van Boeregevangenes in die konsentrasiekampe, plaaslik en oorsee.

Die vredesproses ná vredesluiting en interessanthede oor die nasleep van die oorlog word ook uitgelig.