Die (vreemde) einde van ‘n koerant (Augustus 2025, Sagteband, 275 pg) Barnard Beukman

Op Donderdag 13 Junie 2024 het die nuus op die sakenuuswebwerf Moneyweb gebreek: Media24 gaan die dagblad Beeld, asook drie ander titels, Rapport, Daily Sun en City Press sluit. Volgens die Moneywebjoernalis Jeremy Maggs, sou “die besluit lesers en die Suid Afrikaanse mediabedryf skok.”

Lees meer hieronder.

Barnard Beukman

R275.00

Available on back-order

SKU: 9781067234850 Categories: , , Brand:

Description

Lesers, redaksielede en adverteerders moes toekyk hoe ‘n vreemde en teenstrydige reeks gebeure rondom die sluiting afspeel. Barnard Beukman probeer van die onbeantwoorde vrae beantwoord. Ook deur heelwat te onthul van wat in die gange en raadsale van Media24 en Beeld afgespeel het en beskryf die openbare wipplankrit van ses maande, om die koerant te sluit, wat gevolg het.

Agter die skerms het dit tot die afgryse van die maatskappy geblyk dat adverteerders hul goed begin vat loop en miljoene rande se inkomste aan Media24-publikasies onttrek het. Gevolglik het die koppe onder Media24-bestuurslui, wat die koerantsluiting moes bestuur, begin rol. So fel het die openbare diskoers oor die sluiting van Beeld en ander koerante gewoed, dat Media24 se interim uitvoerende hoof, Raj Lalbadhur, dit in ‘n brief aan personeel as die hoofrede aangevoer het waarom die maatskappy nie in 2024 sy halfjaarlikse winsbegroting behaal het nie.

Die skrywer: Barnard Beukman is ‘n vryskutjoernalis en aktuele kommentator in Johannesburg. Hy was die twaalfde en laaste redakteur van Beeld. As joernalis het hy ook by die destydse OosKaapse middagblad Oosterlig, Die Burger in Kaapstad en die Rapport se buro in Pretoria gewerk. Voor sy redakteurskap was hy aan die uitgewerskant van Media24 onder meer as hoofbestuurder van Beeld en Rapport. In 2024, is hy deur die FAK vereer vir sy bydrae tot Afrikaanse media.