Donker spoor (November 2025, Herdruk, Sagteband, 366 pg) Martin Steyn

Donker spoor was blitsverkoperskrywer Martin Steyn se bekroonde debuutroman. In dié splinternuwe heruitgawe met ’n treffende nuwe omslag kan lesers weer saam met Jan Magson in die duistere psige van die moordenaar delf.

Lees meer hieronder.

Martin Steyn

R350.00

Available on back-order

SKU: 9781779860422 Categories: , , Brand:

Description

Waarheen sal die donker spoor hom lei?

Hulle kry haar lyk in ’n veld. ’n Tienermeisie – verkrag, gemartel, vermoor. En sy’s nie die eerste een nie.

Adjudant-offisier Jan Magson moet die reeksmoordenaar vang. Hy moet die slagoffers se ma’s en pa’s in die oë kyk en hul vrae beantwoord, maar hy kan nie. Hy kan nie eens sy eie vrae beantwoord nie. Want agter hom lê daar ook ’n donker spoor …

Kort voor lank haal die moorde hoofopskrifte en die gemeenskap eis antwoorde: Hoekom trek die polisie nie die boosaard vas nie? Toe ’n ma ’n brief vir die koerant skryf en ’n pa ’n beloning uitloof, word dinge op ’n mespunt gedryf. Bevind Magson hom op nóg ’n dwaalspoor of is hy uiteindelik op die donker spoor wat hom na die ware antwoorde sal lei?

DIE SKRYWER: Martin Steyn is een van die gewildste spanningsverhaalskrywers in Suid-Afrika. Hy is bekend daarvoor dat hy intrige, spanning en komplekse karakters op meesterlike wyse verweef. Ná sy bekroonde debuutroman, Donker spoor, het Skuldig, Swartval, Losprys en Donker water almal die topverkoperlyste gehaal.