Description
Daar is die onderliggende politieke veranderinge en spanninge van die 1970’s waarvan sy net skrams bewus is en, kort voor lank, veranderinge in die dinamiek van haar eie gesinslewe wanneer sy uitvind dat haar ma swanger is. Die koms van haar boetie onderstreep haar rol as die dogter en as “vrou-in-wording”.
Wanneer Marié en haar vriendin, Hanneke, ‘n omstrede dokument beetkry en lees, begin Marié se kinderlike illusies verder kraak . . . Einde en begin is ‘n roerende bildungsroman wat strek van naïewe belewing na geleidelike ontwaking, vertel deur die oë van ‘n jong karakter wat diep in die leser se hart sal kruip.





