Eleksie op Erdvark (Oktober 2025, Sagteband, 224 pg) Rudie van Rensburg

Soois Swart se sukkelende koerantjie op Erdvark in die Knersvlakte berig sonder moderne tegnologie oor die naderende munisipale eleksie. Die regerende BA Minus is voorstanders van kleinhuisies en die opposisie vra vir spoeltoilette. Toe ’n horingadder ’n inwoner in ’n kleinhuisie pik, is die gort gaar.

Lees meer hieronder.

Rudie van Rensburg

R290.00

Available on back-order

SKU: 9780795803000 Categories: , , Brand:

Description

Soois Swart bedryf sy sukkelende koerantjie op die dorpie Erdvark in die Knersvlakte waar die afwesigheid van moderne tegnologie groot uitdagings aan hom stel. Met die naderende munisipale eleksie vermenigvuldig sy kopsorge.

Vir die eerste keer in ’n dekade word die regerende BA Minus deur twee ander partye teengestaan. Burgemeester Duimpie du Plooy dreig om sy kompos-onderneming se advertensies uit die koerant te onttrek indien hy ontevrede is met wat Soois skryf.

Soois moet ’n koorddans uitvoer tussen goeie joernalistiek en beriggewing wat nie aanstoot gee nie. Geensins ’n maklike taak nie, gegewe die talle strydpunte – die brandenste een die afwesigheid van spoeltoilette op die dorp. Die BA Minus is vurige kampvegters vir die behoud van kleinhuisies en die opposisie driftige voorstanders vir vernuwing.

Wanneer ’n horingadder in ’n kleinhuisie sy tande in ’n kwesbare deel van ’n inwoner slaan, klap die eerste eleksieskoot amptelik. Van daar af gaan dit doller as kopaf.

Die skrywer: Rudie van Rensburg woon in Kaapstad en het al vyftien topverkoper-spanningsverhale geskryf: Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana, Kamikaze, Ys, Medusa, Vloek, Merk, Hartedief, Monster, Doolhof, Dwelm, Gebooie en Leeumens, en ses uiters gewilde komiese romans in sy reeks oor die bejaarde maar onstuitbare Hans van Kraaienburg.