Sale!

Fleur – Davelvroue 7 (Mei 2023, Sagteband, 312 pg, Fiksie, Liefdesromans) Chanette Paul

Nou beskikbaar. Die Davel-reeks is een van Chanette Paul se mees geliefde reekse. Oor sewe boeke, wat afspeel tussen 1899 en 1938, vertel sy van sewe verskillende Davel-vroue, wys hulle soeke na tuiste, betekenis en liefde teen die agtergrond van ’n veranderende Suid Afrika. Fleur speel af in1938 en wys ’n jong vrou se poging om haar familieplaas te red van algehele verval. Wanneer die jong Christaan Davel opdaag, lyk dit asof haar probleem opgelos is. Maar nes die ander Davels bring hy sy eie tipe moeilikheid saam. Lees meer hieronder.

Chanette Paul

Original price was: R280.00.Current price is: R260.00.

Available on back-order

Description

Kan ’n aweregse ooreenkoms die plaas red of gaan sy haar hart verloor?

Sy’t die wynplaas – afgetakel en op sy knieë – en hy’t die kennis.En die enigste uitweg om die plaas te red is deur te trou. Al is dit liefdeloos.

Dis wat erfgename doen, glo Fleur. En ná vyf jaar op ’n wynplaas in Frankryk, is dit die enigste manier hoe Christiaan ’n wynplaas kan bekom. Al het hy iemand anders lief.

Dis bloot ’n sakevennootskap. ’n Kontrak. ’n Ooreenkoms op Fleur se voorwaardes.

Net, Christiaan het nie tred gehou met sy romantiese Davel-familie nie. So ver soos hulle gaan groet, wag die wittebroodkamers. Die een na die ander. En iets moet meegee. Blom. Hul lywe? Liefde? Maar daar’s Fleur se voorwaardes. En boonop Christiaan se eed.