Description
Kruispad vir Kara: Kara Geertse is Tukkies se skatryk joolprinses met die wêreld aan haar voete. Dan sterf haar pa en sy en haar ma word sonder ‘n sent gelos. Sy staan voor ‘n kruispad, en sy is sielalleen. Wat, of wie, gaan haar help om staande te bly? Kruispad vir Kara is ‘n roerende liefdesverhaal wat jou weer hoop vir die lewe en die liefde sal gee.
Engel op die drumpel: In Huis Exodus geld net een reël: moenie jou probleme myne maak nie. Marli Jooste ontdek dit sommer met haar aankoms. Sy word heen en weer gesleur tussen dit wat sy nog altyd geglo het en nuwe, opwindende dinge. Totdat Marli op ‘n dag moet besluit oor die lewe of die dood. ‘n Storie van liefde en die hoop wat nooit beskaam nie.
Oor die skrywer: Helene de Kock het aan die Rand grootgeword, aan die Universiteite van Pretoria en Noordwes gestudeer, en aan verskeie konservatoria onderrig in sang ontvang. Helene het ’n PhD in skryfkuns en is ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy skryf voltyds en woon in Pretoria. Daar het reeds talle romans uit haar pen verskyn.





