HS: Rame by dosyne (Sagteband) Fransie Snyman

Hierdie boek is nie ‘n selfdoengids oor tradisionele raamwerk nie – dit is propvol oorspronklike idees en wys jou hoe om ou rame te vernuwe, te herwin en te hergebruik en hoe om kaal rame te tooi sodat jy jou foto’s, prente en ander items op hul mooiste kan vertoon. Die boek fokus op maklike en ongewone rame wat in en om die huis gebruik kan word, vir enigiets van miniatuurparfuumbottels tot ‘n groot swartbord vir ‘n kinderkamer. Dit bevat aanwysings vir baie basiese raamkonstruksie, asook hope inligting oor afwerkingstegnieke vir kaal rame en maniere om ou rame nuwe lewe te gee. Die boek spoor jou aan om anders na rame te kyk en verder as hout en verstekhoeke te gaan. Leer om rame te maak met polistireenkroonlyste, polimeerklei, tydskrifblaaie, afvalstukkies leer, karton en watteersel, draad, lap, liniale, ‘n ou fietsband en ander vondste en te versier met uiteenlopende materiaal soos gebruikte seesakkies en goudblad. Daar is ook rame wat funksioneel sowel as dekoratief is en kan dien as organiseerders vir enigiets van serpe tot notas en memos. Praktiese wenke en stap-vir-stap-foto’s word aangevul deur pragtige kleurfoto’s van meer as 60 voltooide rame.

Fransie Snyman

R230.00

Out of stock

SKU: 9781928201731

Description