Koesterkos – resepte uit ons ma’s se kombuise (Oktober 2025, Sagteband, 256 pg) Frik de Jager

Na die sukses van Frik se eerste kookboek: StorieKos – op reis na resepte, waarin hy stories en resepte van regoor die wêreld met ons deel, volg hy dit op met sy tweede boek: Koesterkos – resepte uit ons ma’s se kombuise.

Met Koesterkos nooi Frik jou uit om saam met hom te blaai deur onder andere sy ouma Lenie en moeder Hermana se handgeskrewe resepteboeke.

Lees meer hieronder.

R375.00

Available on back-order

SKU: 9781067234911 N Categories: , , Brand:

Description

Weereens neem hy die leser op ‘n kulinêre reis met ‘n skatkis van resepte wat dateer vanaf 1914 tot ongeveer 1989, geregte wat 75 jaar se Suid-Afrikaanse kostradisies en kookprosesse reflekteer.

Hy onthou en koester van sy gunstelingdisse uit sy grootwordjare as kind en kyk ook na nuttige wenke vir die huisvrou van daardie era.
In die laaste hoofstuk het hy ‘n groep vriende genooi om hul kosherinneringe en gunstelingresepte uit hul moeders se kombuise met ons te deel.

Daar is bydraes deur o.a. Antoinette Pienaar, Amore Bekker, Amanda Strydom, Eldaleen Hugo, Elzabè Zietsman, Gielie Hoffmann, Jannie du Toit, Kobus Burger, Lizz Meiring, Michèle Meyer, Neels van Jaarsveld, Pieter van Zyl en Veronique van Heyningen Pieterse.

Verlang jy ook na die kuiers om die kombuistafel in jou ma se kombuis … en koester jy steeds daardie koservarings wat jy saam met haar en jou familie en vriende gedeel het? Dan sal Koesterkos jou hart weer laat huppel en sing en dans!

Die skrywer: Frik de Jager is reeds sedert 2018 ‘n gereelde gas op die gewilde RSG se Klets en Kook-program. Hy neem ook gereeld deel aan boekbesprekings oor sy boek StorieKos by Kunstefeeste en radioprogramme en was onlangs die sjef vir die bekende Sjefstafel op die gewilde kykNET-program Met ‘n huppel in die stap. Verder tree hy ook gereeld op as gasspreker, sjef en storieverteller by funksies. As eienaar en bestuurder van ‘n paar restaurante vanaf die vroeë 2000’s het hy veral daarop gefokus om sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos vanoor die hele wêreld uit te leef. By sy laaste restaurant in Rosendal en ook nou by sy huis in Pretoria, paar hy “peasant” disse met reisverhale en avonture wat hy oor die afgelope vier dekades ervaar het.