Description
Die rubrieke in hierdie bundel het van 2020 tot 2024 verskyn en volg op Voetstoots, ’n keur van Annelie se rubrieke tussen 2006 en 2020. Vir die menigte lesers vir wie Annelie se stem oor die jare ’n vertroude instelling geraak het, is haar menings ’n besielende kleinood waarheen hulle meermale sal terugkeer om woorde te vind wanneer dit in hul eie stemme ontbreek.
Hierdie bundel is ’n versameling kantaantekeninge tydens tydperke van ingrypende inkeer en verlies. In Maart 2020 het die Covid-19-pandemie die wêreld getref – bunkertyd in Annelie se taal. In haar wêreld was die tyd van korona ’n voorspel tot haar eie finale periode van aflegging, siekte, amputasie en uiteindelik, die onvermydelike seisoen van “die engele met raspervlerke”.





