Description
Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes word in ‘n veld opgediep.
Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind. Anders kan Kassie-hulle ook die gevaar loop om vermoor te word soos die drie speurders wat by die destydse verdwyningsaak betrokke was.
Die skrywer: Rudie van Rensburg woon in Kaapstad en het al vyftien topverkoper-spanningsverhale geskryf: Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana, Kamikaze, Ys, Medusa, Vloek, Merk, Hartedief, Monster, Doolhof, Dwelm, Gebooie en Leeumens, en vyf uiters gewilde komiese romans in sy reeks oor die bejaarde maar onstuitbare Hans van Kraaienburg.





