Description
Toe Kristina een aand vermis raak nadat sy gaan draf het, bel haar huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroeë oggendure teen die berg. Sy kan nie onthou wat met haar gebeur het nie; daar is ook geen verklaring vir die drastiese persoonlikheidsverandering wat sy ondergaan het nie. Ten einde raad word die hulp van psigiater Ben Krige ingeroep. By sy kliniek is Kristina vir hom soos ’n labirint–vreemd en onbekend. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek woorde alle grense af.
Die skrywer: Wilna Adriaanse is in 1958 in die Kalahari gebore en het op Worcester grootgeword. Van haar bekendste boeke is Rebecca (2004), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA-graad in skeppende skryfwerk aan die UK voltooi, en daaruit spruit haar roman ’n Klein lewe (2012). Sy verdeel haar tyd tussen Botswana en die Boland.





